Eers Handré PollardCameron van der Burgh, toe Wayde van Niekerk en nou Serena Williams.

Dit lyk asof Desember die maand van liefde vir atlete is!  Serena Williams het haar verlowing op Reddit bekend gemaak. Hoe gepas, want sy is verloof aan Alexis Ohanian, die medestigter van dié gewilde sosialemedia-netwerk.

Sy het dié gedig op haar Reddit-profiel geskryf:

I came home

A little late

Someone had a bag packed for me

And a carriage awaited

Destination: Rome

To escort me to my very own "charming"

Back to where our stars first collided

And now it was full circle

At the same table we first met by chance

This time he made it not by chance

But by choice

Down on one knee

He said 4 words

And

r/isaidyes

Serena en Alexis is sedert 2015 ’n paartjie ná Serena se verhouding met die sanger Drake (wat nou glo met Jennifer Lopez uitgaan) geeïndig het.

Alexis het dié skets van hulle twee gemaak in die vorm van die Reddit-logo.

FOTO Reddit serenawilliams FOTO Reddit serenawilliams

Baie geluk!

Lees nou

Wayde van Niekerk is verloof!

Cameron van der Burgh is verloof!

Handré Pollard is verloof