Oe, Carrie en haar girls is terug! Die opvolg van Sex And The City (die fliek) word tans geskiet, en die eerste foto's van Sarah Jessica Parker (Carrie) op stel in New York is pas uitgereik. Samantha, Miranda en Charlotte is egter nog soek, maar ons glo hulle sal gou hul opwagting maak. Carrie en Big (Chris Noth) is wel al saam gesien.

Maar wie gee om vir die storielyn as jy die modes kan sien?

Patricia Field (wat die klerekas-beplanning van die sterre in SATC doen), het wéér bewys hoekom sy in dié bevoorregte posisie is. Carrie se spierwit Halston Heritage-rok, goue Chanel palmhandsak en glinstergoud Christian Louboutin Pigalle pump-skoene het reeds opslae gemaak by die fotosessie. Mej Bradshaw is later ook met 'n oorgrootte pienk handsak, in tweekleur- enkelband-hakke en 'n pers vintage-styl laagrok gesien... (Bron)

Die film word in Mei 2010 uitgereik.