Sy het om verskoning gevra dat sy nie die iHeartRadio-musiekfees kan doen nie.
"Soos van julle sal weet, verwag ek en Gerard ons eersteling. In dié stadium het ons besluit om voorkeur te gee aan hierdie spesiale tyd in ons lewe en alle promosie-geleenthede vir die komende dae is eers uitgestel," skryf Shakira. 

Shakira en Piqué is sedert Maart 2011 saam en dit is albei se eersteling.

NBC het Dinsdag aangekondig dat Shakira tydelik vir Christina Aguilera as beoordelaar op The Voice gaan vervang.

Shakira-geur
Shakira se splinternuwe parfuum, Elixir by Shakira, is pas bekendgestel. "Dit is sensueel en vroulik, maar ook gesofistikeerd en elegant. Perfek vir dag én nag," sê Shakira.