Die 60-jarige televisiepersoonlikheid skryf in haar outobiografie, Unbreakable, dat sy nie gou weer onder die chirurg se mes sal gaan lê nie. "Daar is omtrent nie ’n deel van my lyf wat nog nie gerek, verbloem, afgeskil, vergroot, verwyder of met die laser bygekom is nie. Ek dink dit is eers genoeg," het sy aan Daily Mail gesê.

Kyk hiér hoe Sharon se voorkoms stelselmatig verander het!

Sharon het jare gelede besluit om vir plastiese chirurgie te gaan, omdat sy haarself as vet, harerig en onaantreklik beskou het. Maar dit was haar borskanker-diagnose wat haar finaal oortuig het om nie weer onder die mes te gaan nie. "'n Mens se lyf kan net sóveel snye vat, en myne het nou genoeg gehad," het sy gesê.

Kelly Osbourne se maerword-geheime

Met Sharon se vorige prosedures het sy onder meer haar arms en bene laat lig, haar maag laat intrek en haar borste laat verklein. Haar mees onlangse prosedure was om haar nekvelle te lig, sommer terwyl sy vir ’n dubbele mastektomie gelê het.

Bron: Daily Mail