Amalia Uys het vroeër die week haar verlowing aan Shaun Golding aan SARIE.com bevestig. 

En die verliefde Shaun sê dit oor Amalia:  

“Dit beteken vir my alles dat sy ja gesê het. Sy is my soul mate en ek is mal daaroor dat ek vir die volgende 80 jaar elke oggend langs daai bos rooi hare gaan wakker word!”

23 Amazing months today with this superman @shaungolding Love you with all my heart!

A photo posted by @amalia1uys on

Die paartjie het reeds in Desember op die Weskus verloof geraak, maar verkies om dit tot nou stil te hou. Amalia vertel aan SARIE.com dat hulle op die strand gaan stap het waar hy haar gevra het om te trou.

“Ek kan nie my geluk glo dat so ’n mens oor my pad gekom het nie. Hy is my droomman. In elke opsig.”

– Amalia oor Shaun

Kyk na ’n foto van die ring HIER.

  It always comes back to you. Infinite love @shaungolding. My human, my best friend, my love.   A photo posted by @amalia1uys on

Amalia het die verhouding lank uit die openbare oog gehou, maar verlede jaar met SARIE oor Shaun gepraat. Sy het toe gesê sy het nie spesifieke vereistes oor taal, belangstelling of voorkoms vir die man in haar lewe nie.

“Vir my gaan dit eerder oor die regte konneksie. As jy op die regte plek in jou lewe is, sal jy waarskynlik die regte mens ontmoet.” Dan is dit ook nie nodig om soveel aanpassings in jou verhouding te maak nie.

Die “regte konneksie” gaan oor ’n hartstaal. “Ek het al met Afrikaanse ouens uitgegaan wat nie my emosionele taal gepraat het nie, terwyl Shaun, wat Engels is, en ek wel kliek.

“Ek hou van gesond eet en is gesteld op fiksheid. Shaun, ’n watertegnoloog, neem deel aan avontuurwedlope en vandat ons begin uitgaan het, het ek besluit ek gaan ook nou harder begin oefen sodat ek saam met hom aan ’n halfmarathon kan deelneem. Ek het asma en het aanvanklik gewonder, sal ek dit kan doen? Gaan ek nie heeltyd my asmapompie by my moet hê nie? Maar nou het ek gesien ek sal dit aanstaande jaar kan doen. Shaun het my gehelp om uit my gemaksone te kom.”

Ja, sy glo aan kompromieë, maar nooit moet jy jou identiteit in ’n liefdesverhouding verloor nie. Jy moet doen wat vir jóú belangrik is.

Oor Shaun sê sy:

“Hierdie man se kop is so reg aangeskroef en sy voete so plat op die aarde. Hy is my anker en my rots. Vir hom wil ek regte egte soene gee tot in lengte van dae!”

Baie geluk, Shaun en Amalia!

Lees nou

Amalia Uys verloof – en kyk die ring!

Dié 2 aktrises is verloof!

Paartjie neem weer troufoto’s – 40 jaar later