Dié kwaai beoordelaar kon op Ellen DeGerneres se televisieprogram nie uitgepraat raak oor die koms van sy seun nie. Hy het wel erken dat dié nuus eers oorweldigend was.

"Dit is opwindend, maar dit gaan 'n nagmerrie wees die volgende paar weke ... Dit was ongemaklik, jy weet, die situasie," het hy gesê.

Dis 'n verrassing vir almal ... Idols-beoordelaar word pa

Dié situasie waarvan hy praat is dat Lauren wettig nog getroud was met Simon se vriend Andrew Silverman toe Lauren swanger geraak het. Hulle was egter vervreem en hul egskeiding is onlangs gefinaliseer.

"Maar hierdie dinge gebeur en almal is nou kalm en gelukkig. Ek is gelukkiger as wat ek nog ooit was."

FOTO: Simon sê mediaberigte dat Lauren hom 'gevang' het met die baba is onwaar.

Lauren is reeds die ma van 'n 7-jarige seun. Nadat dié nuus bekend geword het, het veral die Britse poniepers gesê sy het Simon 'gevang' met 'n baba. Simon sê dít is absolute snert. "Sy is 'n wonderlike vrou!"

VIDEO: Simon praat oor sy baba-seun

Bron: US Magazine