Die laaste paar maande was ’n besige tyd vir die Afrikaanse aktrise Simoné Nortmann: Sy het ’n rol in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders losgeslaan én aan haar beste vriend, Andries Pretorius, verloof geraak.

Boonop is sy die voorbladster van SARIE se Januarie 2019-uitgawe - haar eerste SARIE-voorblad!

Hierdie week het sy kom gesig wys in Kaapstad om lap vir haar trourok te soek. Maar voor sy terugvlieg Johannesburg toe, het haar Kaapse vriende en familie haar met ’n kombuistee verras. 

FOTO Instagram/ Simoné Nortmann

Hulle het saam kos gemaak en gekuier.

Sy het foto’s van die spesiale geleentheid op haar Instagram-blad gedeel:

Moenie ons Januarie-uitgawe misloop nie waarin Simoné nog oor haar drome verklap en op die mooiste foto’s verskyn.