Sakeman, kunstenaar, fotograaf, skrywer, sjef. Jan Hendrik van der Westhuizen se talente ken geen einde nie.

Eens ’n afgedankte kelner by die Spur, nou Suid-Afrika se enigste Michelin-bekroonde sjef. Selfs Hollywood-bekendes staan tou om in sy fynproewersrestaurant JAN in Nice te gaan eet. Pas het Jan Hendrik opwindende nuus bekendgemaak: Hy is vir die vierde jaar agtereenvolgens met ’n Michelin-ster bekroon!

Hy het die nuus op sy Instagram-blad gedeel.

Maar hoe behou hy sy Michelin-ster?

“Dis ’n geheim wat nie ontrafel kan word nie. Hou jy by dieselfde geregte, dan sê hulle dalk jy ontwikkel nie as sjef nie. Vernuwe jy, is dit miskien te verwyderd van wat hulle laas ervaar het. Dis ’n fyn balans. Jy bevraagteken jouself heeltyd. Die kuns is om nie te hard te probeer nie. Ek wil ook nie sit en goed uitdink en forseer nie. Baie dinge wat ek doen, het ’n konneksie met wat in my lewe gebeur. Ná my pa se dood het ons in die nuwe joernaal ’n resep vir ’n brandewyn-en-Coke-melkskommel.”

Lees meer oor Jan Hendrik in ons Januarie 2019-uitgawe