Die miljardêr-sakevrou en realiteitster Kylie Jenner het onlangs nes enige trotse mamma foto's van haar eersteling, Stormi Webster, op Instagram gedeel. Maar dit was nie jou gewone kiekies nie. Aikôna, dit was 'n properse fotosessie met ma en dogter wat stip vir die kamera kyk.

Klein Stormi lyk pragtig soos sy in haar ma se arms gekoester word. Kylie is in 'n treffende swart rokkie geklee met net haar ikoniese mat-lipstiffie aan.

Kyk net die foto's van ma en dogter:

my heart

A post shared by Kylie (@kyliejenner) on