The No. 1 Ladies' Detective Agency begin op M-Net.

Dié mini-reeks, wat gegrond is op die Britse skrywer Alexander McCall Smith se gelyknamige trefferboeke, is 'n "moet-sien" te oordeel aan die voorsmakie wat ons by die bekendstelling gekry het.

Precious Ramotswe se pa het haar geleer om haar drome na te jaag. Ná sy dood besluit Precious om die eerste en enigste vrouespeurder in Botswana te word. Sy maak haar eie detective agency op 'n dorpie oop.

Wat volg, is 'n skreeusnaakse insident met 'n getroude man wat Precious oortuig sy's fat and fabulous. En dis maar die eerste episode!

Die reeks se regisseur, Anthony Minghella (wat ook die regisseur van die bekroonde fliek The English Patient was), was 'n aanhanger van die boeke. Kyk uit vir Desmond Dube as die verfynde haarkapper. Dis Afrika-humor op sy beste.

The No. 1 Ladies' Detective Agency begin op 3 Augustus om 21:30 op M-Net.