Ons beplan iets nuuts, iets opwindends (ja, SARIE Nuwe Gesig!), maar vier ook SARIE Voorbladgesig trots. Van ons eerste wenner in 2011, Alrie Velleman van Port Elizabeth, tot ons 2019-wenner in SARIE se 70ste verjaardagjaar, Schané Venter van Alberton. En alles gaan oor dáárdie voorblad.

SARIE Voorbladgesig het lesers van die begin so aangevuur dat 60 000+ vroue oor die afgelope nege jaar ingeskryf het – met die doel om ons gesogte voorblad te wen. Nou, in ons 10de jaar, is dit jóú kans. SARIE se wekroep vanjaar is juis #JyIsGenoeg, en daarmee bedoel ons jy is genoeg om ook op ons voorblad te wees. Ons wag net vir jou inskrywing. Of ken jy iemand wat jy glo op SARIE se voorblad hoort, skryf haar nou in. En as jy tussen 16 en 18 is, is daar ’n splinternuwe kans vir jou!

SKRYF IN VIR SARIE VOORBLADGESIG:

  • Jy moet minstens 18 wees en matriek voltooi het (nie in 2020 in matriek wees nie)
  • ’n SA of Namibiese burger wees
  • Skryf met drie verskillende foto’s in op voorbladgesig.sarie.com
  • Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie
  • Inskrywings sluit op 31 Mei om 00:00
  • 40 semifinaliste word gekies: die beoordelaars kies 36, PLUS julle, die lesers, kies vier op voorbladgesig.sarie.com
  • Die 40 semifinaliste sal gevra word om ’n video van 30 sekondes te maak en hulself bekend te stel (’n voorbeeld van só ’n video sal aan elkeen verskaf word).
  • Hul inskrywingsfoto’s verskyn in die September-uitgawe
  • Die Top-10, gekies deur die beoordelaars, se inskrywingsfoto’s verskyn in die Oktober-uitgawe
  • Hierna verskyn hulle in die November-uitgawe waarvoor hulle in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem word
  • Die wenner, gekies deur die beoordelaars, verskyn op SARIE se Desember-voorblad – die gróót prys!
  • Die wenner word aangewys voordat die Desember-uitgawe te koop is
  • LW: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar 

Maak seker jy besoek voorbladgesig.sarie.com vanaf 17 April om in te skryf of iemand te benoem. 

Dís nuut! Is jy 16 tot 18?

Nóg ’n wedstryd: SARIE Nuwe Gesig. Dit is deel van SARIE Voorbladgesig en almal tussen 16 en 18 (let wel graad 10 tot graad 12) kry die kans om ontdek te word. Dié wenner word op ’n unieke manier op ons September-voorblad aangekondig.

SKRYF IN VIR SARIE NUWE GESIG:

  • Jy moet tussen 16 en 18 wees en nog nie matriek voltooi het nie (graad 10 tot graad 12)
  • Jy moet jouself inskryf en nié deur familie of vriende benoem word nie
  • ’n SA of Namibiese burger wees
  • Inskrywings sluit 31 Mei om 00:00
  • Skryf met drie verskillende foto’s op voorbladgesig.sarie.com in
  • Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie
  • Ons wil sien hoe jy woeker met #SARIEnuwegesig op sosiale media.
  • Die beoordelaars sal dit in aanmerking neem wanneer die Top-10 gekies word
  • Die Top-10 en wenner word op SARIE.com aangewys
  • LW: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar

Skryf vir albei wedstryde SLEGS aanlyn in by voorbladgesig.sarie.com vanaf 17 April

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig word trots geborg deur Isa Carstens Akademie