Ons het vanoggend die hartseer nuus gehoor dat die bekroonde skrywer André P. Brink oorlede is. André, een van die groot geeste van Afrikaanse literatuur, is aan boord 'n vliegtuig oorlede. Hy was onderweg van Amsterdam na Kaapstad. Hy was in België waar hy 'n eredoktorsgraad van die Université catholique de Louvain (UCL)  ontvang het (kyk na die video onderaan die artikel).

André is in die ouderdom van 79 oorlede. Die oorsaak van sy dood is nog nie bevestig nie.

Brink is op 29 Mei 1935 in die Vrystaat gebore. Hy het onder meer op Potchefstroom en aan die Sorbonne in Parys studeer.

Sy boeke is in verskeie tale vertaal, en hyself het in Afrikaans, Engels én Nederlands geskryf.

André was saam met Ingrid Jonker en digter-skrywer Breyten Breytenbach deel van Die Sestiger-beweging wat literatuur vernuwe het en hulself teen die apartheidsregering uitgespreek het.

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Lees meer oor André P. Brink se lewe en oeuvre HIER.  

Hieronder is 'n video waar André sy eredoktorsgraad in België ontvang. Bronne: EWN, Maroela Media, Books Live