Die skrywer, digteres en aktivis dr. Maya Angelou het in die ouderdom van 86 gesterf, berig BBC.

Die bekroonde skrywer is op Woensdag-oggend deur haar versorger gevind, het die burgemeester van Winston-Salem bevestig. Maya het die afgelope tyd met gesondheidsprobleme gesukkel en kon onlangs nie ’n seremonie bywoon wat spesiaal vir haar gereël is nie.

Sy sou op 30 Mei die Beacon of Life-toekenning ontvang het.

Maya was ’n inspirasie vir baie en het mense bereik deur haar gedigte en boeke. Sy was ook ’n onderwyser, filmvervaardiger, aktrise en menseregte-aktivis.

Inspirerende Maya Angelou-aanhalings:

  • Ek het geleer dat mense sal vergeet wat jy sê, mense sal vergeet wat jy doen, maar mense vergeet nie hoe jy hulle laat voel nie.
  • Liefde is soos ’n virus - dit kan enige tyd met enige iemand gebeur
  • Laat geloof die brug wees wat jy bou om boosheid te oorkom en goedheid te verwelkom
  • As jy kry, gee; as jy leer, leer ook ander
  • As jy nie van iets hou nie, verander dit. As jy dit nie kan verander nie, verander jou houding.
Maya Angelou se laaste twiet voor haar dood: