Die TV-aanbieder en akteur Theunis Nel was vroeër die week in ’n ernstige motorfietsongeluk. Netwerk24 berig hoe dit met hom gaan.

Theunis se vrou, Mareli, het gister op ’n Facebook-blad ter ondersteuning van Theunis geskryf dat hy wakker is en met sy oë reageer. Nel moes ná sy ongeluk in ’n geïnduseerde koma gehou word en sy regterarm moes geamputeer word.

Anria van Heerden, sy mede-aanbeider op die kykNET-program Woema, het ook op dié blad bevestig dat Theunis se longe sal herstel en dat sy niere en hart geen ernstige skade opgedoen het nie.

Theunis se vrou, Mareli, en hul twee seuns FOTO: Facebook Theunis se vrou, Mareli, en hul twee seuns
FOTO: Facebook

Lees wat sê Anria oor hoe Mareli haar man se ongeluk hanteer op Netwerk24 - klik hier.

FOTO: Facebook Anria en Theunis - aanbieders van die TV-program Woema FOTO: Facebook

Bron: Netwerk24