Die Les Misérables-aktrise is glo soos 'n dogter vir Valentino, nou 80 jaar oud, en hierdie was 'n baie persoonlike projek vir hom. Die romantiese, elegante ontwerp van ivoor-sy het selfs handgeverfde details gehad.

Valentino se trourok-ontwerp vir Anne Hathaway

Hathaway en Shulman het in 'n oop tent op 'n krans getrou, omring deur dennebome.

"Hulle het só gelukkig en verlief gelyk," het 'n bron vertel. "Tydens die fotosessie was hulle energiek, en toe hul op 'n stadium 'n alleentydjie eenkant gehad het, het hulle lank in mekaar se oë gekyk en toe gesoen," het die bron verklap.

Kyk na 'n steel-troufoto by www.usmagazine.com.

* Blake Lively en Ryan Reynolds het ook onlangs in 'n baie private geleentheid getrou.