Ashton Kutcher en Mila Kunis is sedert 1998 vriende toe albei in That 70's Show gespeel het. Vandag beplan hulle hul troue. Só het dié vriendskap in iets romanties ontwikkel ... 

"Dit het net een dag verander. Skielik was dit net nie meer dieselfde nie," vertel Mila oor haar en Ashton se vriendskap in die Julie-uitgawe van die Amerikaanse Marie Claire. Lees die volle artikel hier.

Sy verduidelik dat sy baie trots was op haarself toe sy kon erken dat hul vriendskap verander het.

Mila op die voorblad van Marie Claire se Junie-uitgawe in Amerika Mila op die voorblad van Marie Claire se Junie-uitgawe in Amerika

"Die beste dag van my lewe tot dusver was toe hy [Ashton] my vra om te trou. Ek het gehuil. Ek was ’n gemors," sê sy. "Dié verhouding is anders [as my vorige verhoudings]," wei sy uit.

Ashton en Mila het in Februarie verloof geraak en in April aangekondig dat hulle hul eersteling verwag. Die paartjie verwag n dogtertjie. "Ek is mal daaroor om swanger te wees," het die aktrise vertel. Sy is veral baie in haar noppies met haar bra-grootte, wat glo van ’n 34A na ’n 36C gegaan het. "Ek is só opgewonde, ek vertel almal wat ek ken," het sy gesê.

Sy vertel dat Ashton saam met haar sal wees wanneer sy natuurlik geboorte gee aan die paartjie se eerste pienkvoet. Hulle gaan hard werk daaraan om seker te maak hul kinders is eendag aangename mense.

"Ons albei wil eerlike en oulike kinders hê wat hulself goed gedra en oor wie mense sê 'Dis ’n goeie kind'."