Die legendariese aktrise het nie net koek vir haar 93ste verjaardag gekry nie. Nee, die Golden Girl Betty White se kollegas het haar behoorlik met ’n flash mob verras!

FOTO:  Facebook  Hot in Cleveland FOTO: Facebook Hot in Cleveland

Elke dag as Betty White op die stel van die gewilde TV-reeks Hot in Cleveland afgelaai word, groet haar assistent haar met ’n kort hoela-dansie. Maar hierdie Saterdag was die dansroetine net die begin van iets groters wat gevolg het.

Kollegas en vriende het saamgespan om vir haar ’n spesiale uitvoering te gee - en die veteraan-aktrise het dit terdeë geniet.

FOTO:  Youtube  TV Land FOTO: Youtube TV Land

Betty het aangedaan geword teen die einde van flash mob wat byna 2 minute lank geduur het.

FOTO:  Youtube  TV Land FOTO: Youtube TV Land

VIDEO: Dít is hoe Betty White verras is

Lees ook