In sy nuwe boek verklap die sjef Darren McGrady geheime van Buckingham- en Kensington-paleis. Hy verklap ook hoe prinses Diana die paleis se kombuis verander het.

Darren, wat vir 11 jaar die koningin se sjef in Buckingham-paleis was, het ná Diana en prins Charles se egskeiding haar persoonlike sjef in Kensington-paleis geword. Hier was Darren verantwoordelik om nie slegs vir Diana kos te berei nie, maar ook vir William en Harry.

Hy vertel in sy nuwe boek, Eating Royally: Recipes and Remembrances from a Palace Kitchen, hoe hy die formele Buckingham-kombuis verruil het vir ’n warm en persoonlike kombuis by Kensington-paleis.

Diana

Diana het daarop aangedring dat die eetkamer ronde tafels eerder as lang banket-tafels kry sodat sy met elke persoon aan tafel kan praat, skryf Darren.

Sy het ook soms as sy alleen eet, sommer in die kombuis gaan eet en met Darren en die ander werkers gesels. Anders as met die koningin, kon die werkers aanhou met hul werk en hoef hulle nie hul werk te stop net omdat sy in die kombuis was nie.

Wanneer sy lus was vir ’n koppie koffie en Darren was besig, het sy sommer vir haarself gemaak en dan gewoonlik gevra of sy vir hom ook ’n koppie kan maak. Volgens hom sou dít nooit by Buckingham-paleis gebeur het nie.

Van haar gunsteling-geregte? Gevulde soetrissie en eierrug (klik HIER vir SARIE se resep) en gebakte botter-en-brood-poeding vir nagereg (SARIE se broodpoeding-resep).

Diana se gesonde dieet

Dit is veral nadat Diana haar geveg met bulimie oorwin het, dat sy gefokus het om gesond te eet. Darren moes vir haar vet-vrye kos voorberei. Sy het glo aan hom gesê: "As jy die vet kan uitsny, sal ek die koolhidrate in die gym kafdraf."

Die seuns en kuiergaste het wel die vol-vet-weergawe van die geregte geëet, terwyl sy die vet-vrye opsie voorgesit is. Darren vertel hoe die kletskoningin Oprah aan Diana gevra het hoe sy só lekker eet en steeds maer bly. Diana het aan haar vertel sy beperk haar porsies en oefen hard. Min het Oprah geweet dat sy aan die vol-vet-gereg gesmul het, terwyl Diana ’n verminderde vet-opsie geëet het.

Diana

Darren vertel nóg staaltjies in sy boek én deel van die Britse koninklikes se gunsteling-resepte.

Bron: Huffington Post