Die wêreld hou asem op oor die koms van prins Harry en Meghan Markle, hertog en hertogin van Sussex, se eersteling. Die paartjie het onlangs verhuis na die luukse Frogmore Cottage langs die Windsorkasteel om die koms van hul baba in te wag.

Intussen het prins Louis, jongste van prins William en Kate Middleton en ook jongste lid van die Britse koninklike familie, sy eerste verjaardag gevier. Soos altyd met haar kroos se verjaardae het die hertogin van Cambridge die mooiste foto’s van die klein prinsie geneem. 

Prins Louis is een. FOTO’S Instagram / Kensington Royal

Dis duidelik dat hy en ouboet prins George (5) trek na Kate. Hul driejarige sussie, prinses Charlotte, lyk weer al hoe meer soos haar oumagrootjie koningin Elizabeth II.

Die Britse koninklikes: Kate Middleton (Links agter), prins Louis, prins William, prins Harry, Meghan Markle, prinses Charlotte, Camilla, prins Charles en prinse George. FOTO Instagram / Kensington Royal

Hier is die koninklikes van kleintyd tot nou:

Prinses Charlotte

Prinses Charlotte FOTO’s Instagram en Getty Images / Gallo Images

Prins George

Prins George FOTO’S Instagram

Kate Middleton

Kate Middleton FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Prins William

Prins William FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Prins Harry

Prince Harry FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Meghan Markle

Meghan Markle FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Prins Charles

Prins Charles FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Koningin Elizabeth II

Koningin Elizabeth II FOTO’S Instagram en Getty Images / Gallo Images

Wonder jy ook hoekom die wêreld nie genoeg kan kry van die koninklikes nie? Harry en Meghan se troue, en nou ook die koms van hul nuweling, het dit weer gewys. Tog was dit al eeue so, vóór die konstante stroom van nuus. Wat bly ons boei? Lees meer hier.