'n Bron het aan People.com vertel dat sy nie meer die lewe geleef het wat sy wou leef in terme van haar loopbaan, haar leefstyl of in enige ander opsig nie. Daarom het sy besluit om te skei.

"Toe sy besluit het om te skei, toe het sy dit reeds afgehandel," vertel die bron.

Haar prokureur-pa, Martin, het haar gehelp om haar hele egskeiding in die geheim te beplan. Hy het onder meer die trek na haar nuwe Manhattan-woonstel georkestreer en ook vir haar 'n weggooi-selfoon gekry waarop sy al haar oproepe kon maak. Dít terwyl Tom salig onbewus was van alles totdat sy die nuus aan hom in 'n telefoonoproep gebreek het.

"Sy't geweet sy moes alles in plek hê vóór sy die bom los, om te keer dat haar egskeiding 'n uitgerekte sage sou word," het die bron gesê. Dit het uiteraard gewerk, want sy is na nét 11 dae van Tom geskei. En haar grootste versoek, om alleentoesig oor Suri te kry, is toegestaan. Cruise (50) het ook toegang tot Suri, maar daar is voorwaardes.

Usmagazine.com het ook pas berig dat Nicole Kidman, Tom se eks-vrou, 'n goeie vriendin van Katie is, en haar deur die egskeiding gehelp het. Hulle het in die afgelope paar weke gereeld op die foon gepraat en 'n bron het verklap dat Kidman vir Holmes gesê het dat sy ook daardeur is, en dat Holmes net moet vasbyt.

Intussen bring Katie en klein Suri baie tyd saam deur in New York.