So berig eonline.com. William is ’n helikopter-vlieënier wat see-reddingswerk doen in Anglesey, Wallis.

Die pasgetroudes doen hul woord gestand om so normaal as moontlik te lewe. Daar was geen amptelike partytjies nie. Catherine het die dag tuis deurgebring. Hoewel sy en haar suster, Pippa Middleton, deur die tenniskampioen Roger Federer genooi is om na sy Wimbledon-tenniswedstryd te gaan kyk, het sy besluit dit is wys om eerder nie op haar nuwe man se verjaardag ’n openbare verskyning te maak sonder hom nie ... Veral nie terwyl haar prins hard werk en lewens red nie!

Die paartjie vertrek op 30 Junie na Kanada en Amerika op hul eerste amptelike besoek aan die buiteland as die hertog en hertogin van Cambridge.

William se niggie, Zara Phillips, het etlike weke voor haar eie troue vroeg volgende maand aan people.co.uk vertel dat koningin Elizabeth mal is oor Catherine en dat sy dink hulle pas perfek by mekaar! Sy het ook die volste vertroue in Catherine dat sy al haar koninklike pligte sal kan hanteer.

Tot dusver lyk dit asof die sprokie vir Catherine en William nou maar eers begin het ...