Deesdae is daar 'n baie maklike manier om krulle te kry: trek die haaryster pleks van die krultang nader.

Die haarkapper Terence Terenzo gebruik 'n groot GHD-stileertang (die Salon Styler) om 'n soortgelyke voorkoms te skep. "Draai stringe hare 360° om die yster en trek die yster na onder. Hou dan die krulle in plek met ’n serum of mousse," sê hy.

Só kan jy die rokerige oog-voorkoms van Franja en Karlien kry. Klik hier!

Enige vrou van enige ouderdom kan haar hare lank dra, glo hy: "Ek weet nie waar die idee vandaan kom dat so baie  vroue oor 40 dink hul hare móét kort wees nie. Vir my is lang hare juis sag en sensueel, en dit kan ook ’n lyntjie of twee wegsteek," sê hy.

Jy hoef ook nie noodwendig sterk gelaatstrekke te hê om langer hare te dra nie. Net as jou wangbene wyd geset is, moet jy liefs van só ’n haarstyl wegbly – 'n bos krulle sal jou gesig nog breër laat lyk.

Broer Bobby het ook 'n foto van haar baba-magie gedeel: