Die Namibiese supermodel en Victoria's Secret Angel Behati Prinsloo het die jaarlikse Victoria's Secret-modevertoning geopen en dis geen verrassing dat sy ’n streng dieetregime hiervoor gevolg het nie.

Behati vertel aan Hello! dat sy ter voorbereiding vir dié vertoning probeer het om weg te bly van koolhidrate, sout en suiker.

Haar bord kos het bestaan uit proteïen en groente, en sy het baie water gedrink.

Sy het ook harder as gewoonlik geoefen - maar ons sou ook as ons in dié uitrusting voor duisende mense moes verskyn!

Behati Prinsloo (regs) en die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel:

Next up: a little #FairyTale starring @angelcandices & @behatiprinsloo #VSFashionShow

Una foto publicada por Victoria's Secret (@victoriassecret) el

Maar dit is Behati se werk om goed te lyk - en op die oomblik doen sy dít baie goed. Daily Mail berig dat die 23-jarige sowat $3 miljoen (R33 miljoen) werd is!

Buiten die geld wat sy van Victoria's Secret kry, is sy ook model vir Chanel, Prada, Louis Vuitton, Zac Posen, MaxMara, Lacoste en Miu Miu. Sy het al op verskeie glansvoorblaaie en in advertensieveldtogte verskyn.

Behati is vroeër vanjaar met die Maroon 5-sanger Adam Levine getroud. Hy het vir haar die groot bos blomme (foto onder) gestuur om haar sterkte toe te wens met die groot vertoning.

FOTO: Instagram  @behatiprinslooa>
FOTO: Instagram @behatiprinsloo

Lees ook