Britney se gespierde maag op foto's is nie die resultaat van slim grimeer-truuks nie, berig Huffington Post. Sy oefen hard vir daai sixpack.

Britney Spears het dié foto van haar gespierde maag op haar Instagram-bladsy gedeel en kritici en aanhangers het skerp gereageer. Die sangeres is daarvan beskuldig dat sy kontoerlyne met verbronsers en verligters op haar maag getrek het sodat sy so gespierd lyk.

Kyk net daardie maagspiere! FOTO: Instagram (@britneyspears) Kyk net daardie maagspiere! FOTO: Instagram (@britneyspears)

Intussen is haar oefenroetine met die wêreld gedeel en nou is dit duidelik - Britney se sixpack is te danke aan harde werk!

FOTO: Twitter (@britneyspears) FOTO: Twitter (@britneyspears)

Die sangeres, wat nou vir twee jaar konserte in Las Vegas se Planet Hollywood gaan doen, het elke week vyf intense oefensessies.

Sy doen drie keer ’n week kardiosessies van 'n uur elk en twee keer ’n week ontmoet sy haar joga-instrukteur vir 'n sessie wat 90 minute duur. Volgens die sangeres en ma van twee is die boat, crescent lunge en warrior II van die joga-posisies wat so ’n groot verskil aan haar sexy lyf gemaak het.

Britney se fiksheidsinstrukteur, Tony Martinez, vertel dat hy graag sport in haar oefensessies inwerk omdat sy ’n sterk atleet is. Hy en Britney verkies ook om die sessies in die buitelug te doen sodat die oefenprogramme interessant bly.

Boonop is die choreografie van Britney se nuwe "Piece of Me"-konserte in Las Vegas ook baie intens en ingewikkeld. Dit het gehelp om haar nuwe, klein middel te vorm.

Britney is by dié jaar se People's Choice Awards aangewys as die gunsteling-popkunstenaar van die jaar.