Dit was ná Kate in Mei vanjaar by 'n liefdadigheidsgeleentheid op hoë hakke agter haar en William se hond, Lupo, aangehardloop het, dat haar kuite die kollig geslaan het. Haar dun, gespierde bene het daarna baie aandag geniet... En daai kuite lyk veral sexy wanneer sy hoëhakskoene dra!

Op die foto hierbo spog Kate wéér met daai sexy kuite by 'n geleentheid wat die koningin vir die Britse Olimpiese span by Buckingham-paleis gehou het. Kate het die spanlede ontmoet in haar hoedanigheid as die nie-amptelike gesig van die Olimpiese Spele.

Mike Donavanik, een van Los Angeles se top-fiksheidsinstrukteurs, het sy 3 punt-oefenplan vir mooi, gespierde kuite gedeel. Vele bekendes en atlete tel onder sy kliënte-lys.

Hoekom het jy sterk kuite nodig?

Ons streef daarna om gespierde arms, mooi maagspiere en dun bobene te hê, maar ons vergeet dikwels van ons kuite. "Mooi, gespierde kuite laat jou sexier lyk, en dit speel 'n baie belangrike rol in ons daaglikse lewe," sê Mike. "Ons gebruik ons kuite elke dag, en maak staat op hulle wanneer ons stap, hardloop, draf, spring, trappe klim en selfs bestuur," vertel Mike.

"Dink daaroor. Jou kuite ondersteun jou volle liggaamsgewig, hulle hou jou enkels stabiel en is krities vir basiese liggaamsbeweging," verduidelik Mike.

Donavanik se 3 oefeninge is ontwerp vir spiere oor jou hele liggaam, maar dit fokus spesifiek op jou kuite.

Klik by sheknows.com vir die oefeninge