Die 35-jarige Kate Hudson is bekend vir haar vietse lyf, en sy verklap aan US Magazine hoe sy haar lyf rooitapyt-gereed hou. 

Die ma van twee vertel aan US Magazine dat almal ’n kitsoplossing soek, maar daar is geen enkele geheim nie. Die oplossing is maar net om konstant te oefen.

"Ek oefen nie baie nie, net konstant," sê musikant Matt Bellamy se verloofde. "Mense dink jy moet vir twee en ’n half uur oefen, maar jy hoef nie báie te oefen nie. Dit kan net 20 of 40 minute wees, maar jy moet in roetine kom."

Kate Hudson

Sy sê jy kan nie hard oefen en gesond eet vir twee weke en dan ’n week rus nie - jy moet konstant aan die gang bly en gesond wees.

Kate is ook die mede-eienaar van die oefenklere-reeks Fabletics, maar erken dat sy af en toe ingee en ’n hamburger en skyfies eet.

Kate Hudson

Lees ook