Die 31-jarige Pippa Middleton het in haar nuwe weeklikse rubriek vir Waitrose Weekend Magazine 'n paar van haar fiksheidswenke gedeel. Só berig Daily Mail.

En haar grootste geheim? Fietsry.

Her Royal Hotness, soos sy ná haar suster Kate se troue bekendgestaan het, het 4 ekstra oefeninge met lesers gedeel om hulle om hulle fiks in die saal te hou.

Pippa wat voorheen 'n partytjiebeplanner was, is nou 'n fiksheidsinstrukteur:

"Met 'n basiese fiksheidsvlak kan jy fietsfiks word in enkele maande met 'n kombinasie van Pilates, spinklasse en tyd op die pad," vertel Pippa.

reg_634.Pippa.Waitrose.mh.022513 Pippa Middleton op die voorblad van die Waitrose Kitchen in April 2013.

En wat eet sy?

Pippa sê jy moet regte kos in plaas van energiestafies eet. Een van haar gunstelinge is beet - dit is 'n energiekos wat jou bloedvate oopmaak en bloedvloei na jou spiere verhoog.