Nadat Arnold Schwarzenegger en sy nuwe meisie, Heather Milligan, vir ’n jaar uit die kollig gebly het, het hulle onlangs besluit om hul verhouding met die wêreld te deel.

Dié paartjie hou vakansie in Arnold se tuisland, Oostenryk. Hier het hulle ’n ski-kampioenskap bygewoon wat Arnold jaarliks ondersteun.

Maar die aandag was vanjaar nie op die skiërs nie. Arnold en Heather het volgens Hello! omtrent die aandag getrek tussen die toeskouers.

Arnold se meisie, Heather Milligan FOTO: Twitter Arnold se meisie, Heather Milligan FOTO: Twitter

Die twee het blykbaar teen die einde van 2012 hul verhouding begin - ongeveer ’n jaar nadat Arnold en Maria Shriver geskei is. Maria en Arnold het ná 25 jaar se getroude lewe geskei nadat dit aan die lig gekom het dat Arnold ’n buite-egtelike kind het. Dié seun, Joseph, is nou 15 jaar oud.

Vroeër in 2012 het Arnold gesê hy hoop nog dat hy en Maria kan opmaak. Hulle het saam vier kinders - Katherine (23), Christina (22), Patrick (20) en die 16-jarige Christopher.

Maria saam met Christopher, Christina en Katherine FOTO: Facebook Maria saam met Christopher, Christina en Katherine FOTO: Facebook

Sien nóg foto's van Arnold en Heather HIER.

Bron: Hello!