Die akteur Sean Bean gaan die rol van inspekteur Bennie Griesel in die Devil's Peak-fliektrilogie speel. Die drie boeke wat verfilm word is Duiwelspiek, 13 Uur en 7 Dae

Die vervaardigers is Malcolm Kohll (Formula 51), Michael S Murphey (District 9) en Ofir Kedar (A Thousand Kisses Deep).

"Ek glo dat Deon Meyer vir die speur- en misdaadverhaal in Suid-Afrika gedoen het wat Stieg Larsson vir Skandinawië s'n gedoen het," het Kohll gesê.

Die fliek word in Kaapstad verfilm en produksie begin in September.