Hoewel Mej. SA, Ziphozakhe Zokufa, nie met die Mej. Heelal-titel weggestap het nie, het sy ons steeds geweldig trots gemaak.

Die nuwe Mej. Heelal is gisteraand in Florida in die VSA gekroon. Sy is Mej. Colombia, Paulina Vega.

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Ziphozakhe het ons trots gemaak!

FOTO:  Facebook FOTO: Facebook

Mej. Wêreld vs Mej. Heelal

  • Die Mej. Wêreld-wedstryd word gedryf deur die Mej. Wêreld-organisasie waarvan Julia Morley die president is. Mej. Heelal word deur die Mej. Heelal-organisasie besit, waarvan Donald Trump ’n eienaar is.

  • Mej. Wêreld is in 1951 deur die Brit Eric Morley begin. Mej. Heelal deur ’n Amerikaanse kleremaatskappy in 1952.

  • Mej. Wêreld woon gewoonlik vir ’n groot deel van die jaar in Londen, Mej. Heelal in New York.

  • Die land met die meeste Mej. Wêreld-titels is Venezuela, met 6 wenners. Amerika spog met die meeste Mej. Heelal-krone - 8.

  • Meer as net ’n mooi gesig. Mej. Heelal 1981, Irene Sáez van Venezuela, het in die politiek betrokke geraak - sy was ’n burgemeester en ook presidentskandidaat. Indië se Aishwarya Rai, Mej. Wêreld 1994, is ’n suksesvolle aktrise én VN-ambassadeur.

  • Daar was nog nie een persoon wat albei titels gewen het nie. Daar was al lande wat Mej. Wêreld én Mej. Heelal-titels in dieselfde jaar gehad het - Frankryk (1953), Australië (1972), Venezuela (1981) en Indië (1984 en 2000).

  • Lees meer oor dié skoonheidskompetisies HIER

Vind HIER uit waar jy dié kompetisie op televisie kan kyk.

Bron: MSN.com

Lees nou