Mej. VSA 2014, Nia Sanchez, is nie net beeldskoon nie, sy het ook ’n swartbelt in Taekwondo!

FOTO: Instagram  @missusa  FOTO: Instagram @missusa FOTO: Instagram  @missnvusa2014  FOTO: Instagram @missnvusa2014 FOTO: Instagram  @missnvusa2014  FOTO: Instagram @missnvusa2014 Dié 24-jarige skoonheid van Las Vegas, Nevada is die naweek as die 63ste Mej. VSA gekroon. Sy glo vroue moet hulself kan beskerm en wil bewustheid oor verkragting en misbruik bevorder.

Mej. VSA ’n Suid-Afrikaner

Mej. VSA 2012 was Olivia Culpo, maar nadat sy haar kroon vir die Mej. Heelal titel moes verruil, het Nana Meriwether haar plek ingeneem. Nana is in 1985 in Suid-Afrika gebore terwyl haar ouers gemeenskapswerk hier gedoen het. Hulle het vir 8 jaar mediese- en gemeenskapswerk gedoen. Lees meer oor Nana hier.

Nana Meriwether Nana Meriwether FOTO: Twitter

Mej. SA 2014

Mej. SA 2014, Rolene Strauss, hoef nie terug te staan vir haar Amerikaanse eweknie nie! Nie net is sy as die mooiste in ons land aangewys nie. Dié mooi gesig van Volksrust in Mpumalanga is ook ’n slimkop.

Hier is 7 interessante feite oor Rolene:

  • Rolene is 21 jaar oud en ’n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Sy was ook dié universiteit se eerste suksesvolle proefbuisbaba.

  • Sy het as 9-jarige vir Jo-Ann Strauss ontmoet

Op die vraag watter voormalige Mej. SA haar inspireer het sy ook Jo-Ann Strauss geantwoord. Rolene sê: “Sy het Mej. SA na die mense gevat en verander steeds mense se lewens. Sy is die perfekte voorbeeld van ’n mooi, sterk vrou wat Mej. SA geword het, terug gegaan het universiteit toe en haar studies klaargemaak het en tot vandag toe gebruik sy die geleenthede wat dié titel haar bied.”

  • Sy het pragtige natuurlike krulle – en sy is trots daarop!

 FOTO: Facebook

Kyk na haar swemklere-fotosessie HIER.

FOTO: Twitter @rolenestrauss

  • Haar ma was ’n verpleegster en haar pa is ’n dokter. Sy het ook ’n broer wat by Kovsies studeer.
  • Van haar gunsteling Suid-Afrikaanse sangers is Mango Groove, Theuns Jordaan, Riana Nel en Retief Burger.
  • Haar gunsteling-ete is haar ma se beestert met gestampte mielies – kry HIER ’n resep vir die lekkerste beesstert-resep.

sk1007bredie5

Klik HIER om te sien wie ons dink Rolene se styl-eweknie is

Bron: E! Online