Was jy ’n aanhanger van die 1984-film Ghostbusters? Dan sal dié rolverdeling jou dalk verras! Ons hoor lank reeds gerugte dat die regisseur Paul Feig (Bridesmaids, The Heat) die fliek wou oormaak, maar dié keer gaan die rolverdeling bietjie anders lyk. En dit is gister bekend gemaak dat ons nuwe Ghostbusters-span net uit vroue gaan bestaan! Melissa McCarthy, Kristen Wiig,Leslie Jones en Kate McKinnon gaan dié keer die spoke aanpak.

Die fliek gaan in Julie 2016 in Amerikaanse teaters begin draai.

Regisseur Paul het gesê hy is baie opgewonde om die rolprent met vroue in die hoofrolle te skiet. Hy wil ons ook meer bang maak met dié weergawe wat in die hedendaagse tyd gaan afspeel, berig Hello!.

Bron: Hello!

ghostbusters

Lees nou