In 1989 het die rooikop meermin Ariel haar hart op die donkerkop prins Eric verloor in die Disney-treffer Little Mermaid.

Nóú 30 jaar later gaan die huis van Mickey Muis ’n lewendige weergawe verfilm met Amerikaanse aktrise en sanger Halle Bailey as die klein meermin. Maar dis die aantreklike Jonah Hauer-King wat die kuberruim nou aan die gons het. 

Jonah gaan prins Eric se skoene volstaan – ’n rol wat Harry Styles van die hand gewys het, berig Independent.

View this post on Instagram

great talking to @1883magazine about World on Fire and Song of Names. Combining my love of shirts and dogs ????

A post shared by Jonah Hauer-King (@jonahhauerking) on

Die 24-jarige Britse akteur het in die kollig gekom toe hy die rol van Laurie Laurence vertolk het in BBC se Little Women (2017) wat gegrond is op die gelyknamige boek deur Louisa May Alcott.

Wat dink jy van Eric?