People het pas die wêreld se sexyste man aangewys, en Chris Hemsworth het met dié prys weggestap.

Die aankondiging is deur Jimmy Kimmel op sy TV-program gemaak.

"Baie dankie vir die prys!," het Hemsworth via Skype gesê. "My broer Liam is goed. Ons het dié week vir mekaar ons beste sexy looks gewys - hy's 'n spanspeler," het Hemsworth gegrap. "Dankie aan my ouers wat my aanmekaar gesit het..." het Chris bygevoeg

Van die manne wat voorheen dié lys gemaak het, sluit in: George Clooney, Brad Pitt, Hugh Jackman, Johnny Depp, Bradley Cooper, Channing Tatum, Matthew McConaughey,Ryan Reynolds en Ben Affleck.

Lees die volledige artikel by www.people.com