Mej SA  Miss_SA_2014_semifinalists

Gauteng het 12 deelnemers, die Wes-Kaap 10, KwaZulu-Natal 5 en die Vrystaat 2. Die ander provinsies het elk 1 deelnemer.

Die beoordelaars

Dié skoonhede gaan hul slag moet wys om die beoordelaars te beïndruk. Hulle is die radio- en TV-persoonlikheid Anele Mdoda, die internasionale platejoggie Nkosinathi Innocent Maphumulo, meer bekend as Black Coffee, en die redakteur van die tydskrif Glamour, Pnina Fenster.

Mej SA The Miss South Africa Co and Cell C announce the 33 semi-finalists for the prestigious beauty competition at The Maslow Hotel in Sandton. The competition will run next year alongside a reality tv show which will be aired on Mzansi Magic. Pic: Lisa SkinnerHulle sal die finaliste beoordeel op grond van intelligensie, leierskap, talent, fisieke gesondheid en hul toewyding aan gemeenskapsdiens.

Vanjaar is daar ook weer ’n werklikheidsreeks waarin die finaliste gevolg word. Dit begin 26 Januarie 2014 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161).

Die doel van Mej. SA

Mej. SA 2014 word deur die selfoon-netwerk Cell C geborg. Dít sluit aan by hul Believe Manifesto en hul strategie om vroue te bemagtig. Suzette van der Merwe, uitvoerende hoof van kommersiële kommunikasie by Cell C en self ’n voormalige Mej. SA (1990), sê waarom hulle bly is om as borg op te tree:

"Sun International het die Mej. SA-handelsmerk geposisioneer om dit meer relevant in vandag se samelewing te maak en dít stem ooreen met Cell C se strategie om vroue te bemagtig. Soos dié handelsmerk, is Cell C se doel om pragtige jong vroue met selfvertroue, wat die mag het om ons land te inspireer en ’n verskil te maak, te bemagtig."

Mej SA  Thabang_Ganyane_Gauteng_Caylene_Marais_Gauteng_former_SA_Suzette_van_der_Merwe_Alyssa_Arendse_Western_Cape_and_Ziyanda_Msomi_from_KZN_Pic_by_Lisa_Skinner Suzette van der Merwe saam met van die finaliste

*Die top-12 finaliste word op 2 Februarie 2014 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) bekendgemaak.

*Die kroningsgeleentheid vind op 30 Maart 2014 by Sun City plaas.

Die top-33 finaliste is

Ziphozakhe Zokufa (22), Oos-Kaap

Dipalesa Mbola (22), Vrystaat

Rolene Strauss (21), Vrystaat

Callan Corner (20), Gauteng

Caylene Marais (23), Gauteng

Hape Moloi (21), Gauteng

Jenna  Braham (21), Gauteng

Matlala Mokoko (23), Gauteng

Nkhensi Vukela (22), Gauteng

Ntsiki Mkhize (22), Gauteng

Sarah Botes (21), Gauteng

Tayla Skye Robinson (21), Gauteng

Thabang Ganyane (19), Gauteng

Tidimalo Sehlako (22), Gauteng

Tshegofatso Monggae (20), Gauteng

Delisha Leigh-Ann Chetty (22), KwaZulu-Natal

Julia Petersen (22), KwaZulu-Natal

Nomhle Mtshali (23), KwaZulu-Natal

Sihle Makhanya (22), KwaZulu-Natal

Ziyanda Msomi (22), KwaZulu-Natal

Sheila Mmutle (23), Limpopo

Ntandayenkosi Kunene (21), Mpumalanga

Ilze Saunders (23), Noordwes

Abigail de Jager (19), Wes-Kaap

Alyssa Arendse (22), Wes-Kaap

Anzél Stofberg (22), Wes-Kaap

Ashleigh Burton (23), Wes-Kaap

Jade Hubner (21), Wes-Kaap

Meighnon Loriston (19), Wes-Kaap

Mishka Patel (21), Wes-Kaap

Nelisiwe Galada (23), Wes-Kaap

Taryn Esterhuizen (23), Wes-Kaap

Vuyolwetu Mgwelo (22), Wes-Kaap