Dit voel soos nou die dag dat die Olsen-tweeling ons in Full House vermaak het, maar sedertdien het dié twee suksesvolle besigheidsvroue en modeontwerpers geword. Boonop is Mary-Kate Olsen nou verloof en haar verloofring is werklik iets spesiaal.

Mary-Kate-Ashley-Olsen-Cover-Vogue-20111

Mary-Kate (27) is verloof aan die Franse bankier Olivier Sarkozy (44). Hy het vir haar ’n vintage Cartier-ring gegee wat volgens Style Caster in 1953 gemaak is.

Dié ring het ’n 4 karaat-diamant met 16 saffiere rondom wat geset is in goud met nóg diamante. Dié ring kos na raming byna R900 000 - kleingeld vir Mary-Kate en Olivier wat albei miljoene werd is.

 FOTO verskaf deur Sotheby’s, Style Caster FOTO verskaf deur Sotheby’s, Style Caster

 FOTO verskaf deur Sotheby’s, Style Caster FOTO verskaf deur Sotheby’s, Style Caster

Dié paartjie gaan al ongeveer vir 2 jaar uit. Olivier is die halfbroer van die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy.

Bronne: Style Caster, The Telegraph