In 2003 het die Amerikaanse akteur Alexander Gould sy stem geleen vir die karakter Nemo in die Pixar-rolprent Finding Nemo. Die storie oor ’n vis, Marlin, wat sy vermiste seun Nemo soek het $868 miljoen (sowat R12 miljard) by die loket verdien. 

Alexander was net 9 jaar oud en het teenoor sterre soos Ellen DeGeneres, Willem Dafoe en Allison Janney gespeel. 

Deesdae is hy gelukkig getroud met die Amerikaanse aktrise Lieba Gould.