Nicky Hilton van die Hilton-hoteldinastie het onlangs verloof geraak en haar ring is omtrent ’n knewel! Haar verloofde is óók lid van ’n bekende ryk familie.

Die Hiltons het hul fortuin in die hotelbedryf gemaak, die Rothschilds in die bankwese. En nou is Nicky Hilton en James Rothschild verloof.

Dié paartjie het in Augustus verloof geraak, maar Nicky het tot nou gewag om haar ring vir aanhangers te wys. Sy het dié foto op haar Instagram-profiel gedeel.

FOTO: Instagram  @nickyhilton  FOTO: Instagram @nickyhilton

Die paartjie gaan al sedert 2011 uit. Hulle het by gemeenskaplike vriende se troue in Italië ontmoet. En dís ook waar hy besluit het om die groot vraag te vra, berig US Magazine.

Suster Paris was een van die eerste mense om hulle op sosiale media geluk te wens.

FOTO: Instagram @parishilton  FOTO: Instagram @parishilton

Lees ook