Van die mooiste vroue in Hollywood was al aan sy sy - van Barbra Streisand, Priscilla Presley, Kim Basinger, Cindy Crawford, Julia Roberts en Uma Thurman. Maar nou is daar ’n nuwe vrou in Richard Gere se lewe. 

People het bevestig dat Richard en die Top Chef-beoordelaar Padma Lakshmi ’n paartjie is.

Padma Lakshmi Padma Lakshmi

’n Bron het gesê dat dit nog baie vroeg in hul verhouding is en dat hulle mekaar nog leer ken. Dit is ook die eerste man in Padma se lewe ná die dood van haar kêrel, die miljardêr Teddy Forstmann, in 2011.

Padma was voorheen getroud aan die bekroonde skrywer Salmal Rushdie vir 3 jaar.

Richard se huwelik met Carey Lowell het verlede jaar ná 11 jaar geëindig. Hulle het saam ’n seun, Homer, wat in 2000 gebore is.

Padma is ook ’n ma vir 3-jarige Krishna Thea Lakshmi-Dell. Krishna se pa is die broer van Michael Dell, die stigter van die Dell rekenaar-maatskappy.

Bron: People