Die sangeres Taylor Swift het 'n indrukwekkende skoen-versameling. Sy het 'n foto van haar benydenswaardige skoenkas op haar Twitter-blad gedeel.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Met só 'n versameling kan sy nie 'n mode-voet verkeerd sit nie!

Nuwe loopbaan en nuwe voorkoms?

Taylor wil nou graag haar akteurspiere ook oefen! Sy het al in die televisiereekse CSI en New Girl gespeel (al was dit net vir een episode) en was op die grootskerm te sien met Valentine's Day. Sy het ook haar stem aan die animasieprent The Lorax verleen.

Nou gaan sy ook in die nuwe film The Secret Service teenoor David Beckham en Adele speel. Sy verruil haar kitaar vir 'n geweer wanneer sy 'n jong spioen in dié opspraakwekkende fliek speel. 'n Bron sê dié sangeres is 'n natuurlike aktrise en het dit in haar oudisie bewys. "Sy het dadelik aangepas om vir die grootskerm toneel te speel. Sy is vars en nog nie 'n ou Hollywood-gesig nie, maar is wel bekend - iets wat aanloklik is vir filmmakers," het 'n bron van dié film gesê.

Sy beoefen nou die krygskunste sodat haar karakter teen die groot skurk van dié film kan afreken. Ander grootname in dié film is Colin Firth (The King's Speech), Michael Caine (The Dark Knight) en Samuel L. Jackson (Pulp Fiction).

Sy wil ook haar voorkoms bietjie meer edgy maak, sê iemand in haar binnekringe aan sugarscape. Soos ander sangeresse wat op 'n jong ouderdom bekend geraak het, het sy moeg geraak vir haar 'skoon en onskuldige' voorkoms. Sy wil dít nou verander.

Taylor die volgende Miley Cyrus? Net die tyd sal leer ....

Bron: Perezhilton.com