Hul jaarlikse modevertoning is een van die grootste geleenthede vir die onderklere-reus Victoria's Secret. Net die bekendste onderklere-modelle soos SA se Candice Swanepoel en die Namibiër Behati Prinsloo neem hieraan deel. En dié jaar wag daar ’n groot verrassing.

Die 23-jarige sangeres Taylor Swift gaan vanjaar saam met die mooiste vroue ’n loopplank deel by vanjaar se Victoria's Secret-vertoning. Nadat Taylor in Suid-Afrika was vir die verfilming van The Giver, het die paparazzi haar ongeveer twee keer ’n dag afgeneem op pad na die gimnasium.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie Holmes, Taylor Swift en kie maak ’n Kaapse draai

Almal het gewonder waarom Taylor ewe skielik só baie oefen, en nou is dit duidelik. Sy gaan die loopplank saam met die uitgesoekte modelle van Victoria's Secret deel.

Dié vertoning word op Amerikaanse televisie uitgesaai en bekende sangers tree ook gewoonlik op. Verlede jaar het Rihanna, Justin Bieber en Bruno Mars opgetree.

Hoe die modelle regmaak vir die loopplank

Van dié modelle het hul oefensessies op die sosiale netwerk Instagram gedeel. Dít is hoe hulle hul benydenswaardige lywe kry:

Behati Prinsloo

Die 24-jarige model van Grootfontein in Namibië hou daarvan om buitelug-aktiwiteite, veral watersport soos branderplankry, te doen om in oefening te bly. Sy is ook verloof aan die Maroon 5-sanger Adam Levine.

Alessandra Ambrosio

Die 32-jarige Alessandra is oorspronklik van Brasilië en is die ma van twee kinders. Sy doen gereeld Pilates en versterkingsoefeninge.

Candice Swanepoel

Die 25-jarige Suid-Afrikaner, wat nou die dag ’n draai in SA kom maak het, is baie goeie vriende met Behati. Sy het ook dié jaar die eer gekry om die duurste onderklere nóg te dra - klik hier vir foto's.

Doutzen Kroes

Die 28-jarige Nederlandse model en ma van een is van die hoogs betaalde modelle. Sy het verlede jaar $6.9 miljoen (ongeveer R72 miljoen) verdien. Sy beoefen joga en dans ook om haar vietse lyf te kry.

Jessica Hart

Die 27-jarige Australiese model glo in harde werk - in die gimnasium en ook in haar beroep. Dié model het al baie voorblaaie en veldtogte agter haar naam.

Josephine Skriver

Die 20-jarige Deense model het maar eers twee jaar gelede haar merk in die mode-wêreld gemaak, maar maak vinnig opgang en naam vir haarself. Sy draf graag om haar skraal lyf te behou.

Bron: Hello!,Fashion TV