Elke keer het Fanie spesiaal van Johannesburg na Pretoria gery daarvoor. Ons voel roem is geen verskoning vir swak maniere nie. En ons het op Facebook gevra hoe julle daaroor voel. Chantal Louise Gobey: "Stem saam die bekende sangpaar het hulle sukses te danke aan die publiek sonder die mense sal julle nie wees waar julle is vandag nie. Dit gee julle nie die reg om optetree asof almal julle die wereld skuld nie." Jada Van Niekerk: "Is enige iemand so belangrik in sy eie oë dat hy werklik nie die ordentlikheid kan hê om net te bel en te kanselleer nie?" Liz-Mari En Dean Carstens: "Dis arrogansie van iemand om te voel sy tyd is belangriker as joune. Ek voel so oor mense wat laatkom ook." Lindie de Kock: "My ma het my altyd die volgende geleer. Goeie maniere en 'n smile kos niks. Ek stem saam met 2 mense hierbo. Die persoon kon julle gebel of selfs 'n sms gestuur het. Dis ook baie waar dat almal se tyd kosbaar is."

Klik op ons Facebook-blad vir nog kommentaar.