Die Olimpiese atleet Karen Botha en haar man, die rugbylegende Naas, is bekend as gesinsmense. Kersfees is uiteraard vir hulle 'n tyd van geborgenheid en medemenslikheid. Hulle hou van lekker kuier saam met hul hartsmense.

Die gees van Kersfees en daai magic van Oukersaand maak deel uit van hul jaarlikse viering. Vanjaar is dit weer so. Weg van die sportveld en TV-skerms word die gesin se jaar afgesluit met tyd bymekaar en ou Kerstradisies, soos net ons Suid-Afrikaners daarvan hou.

FOTO Verskaf Naas en Karen Botha by hul dogters Lee-gre (naaslinks) en Gaeby. FOTO Verskaf

Waar is julle vanjaar vir Kersfees?

Ons hou vanjaar Kersfees by my broer op Tzaneen.

Wat is jul gesin se Kerstradisie?

Ons tradisie is om op 24 Desember, op Oukersaand, geskenke uit te deel. Toe ons kinders, Kyla, Gaeby en Lee-gre, nog klein was, het Kersvader ook altyd dié aand gekom.

Wat eet julle?

Ons hou daarvan om te braai en koue kosse en slaai te eet op 24 Desember. Op Kersdag self geniet ons dan lekker warm geregte en poedings.

Wat is op jou geskenk-wenslys?

Ek love parfuum, my gunsteling is Narciso Rodriguez se klein pienk stiffie.

Wie speel Kersvader?

My broer was gewoonlik Kersvader en hy het “die trein gaan oppas”. Eintlik was dit ’n set sodat hy sy Kersvaderpak kon gaan aantrek. Die kinders was onder die indruk dat hy Kersvader gemis het, terwyl Kersvader by die huis was en die geskenke uitgedeel het.

FOTO Verskaf Die Botha-gesin (van links), Lee-gre, Kyla, Karen, Naas en Gaeby, vier Kersfees saam. FOTO Verskaf

Só vier ander bekendes vanjaar Kersfees:

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Desiré se planne vir Kersfees

Zetske en Altus vier Kersfees langs die Weskus

Lees nou

Vyf dae voor Kersfees

Meghan Markle die meeste gegoogle