"Wys jou ondeunde kant met modieuse kat-oë. Dis hierdie seisoen se weergawe van rokerige oë" - grimeerkunstenaar Lisa Cloete.

1. METAAL en glans

Bobbi Brown metallic longwear shadows

Romerige, metaalkleurige oogskadu's is perfek vir glans in die feestyd. "Dis maklik om aan te wend en bly langdurig aan," sê die Amerikaanse grimeer-ghoeroe Bobbi Brown.

Haar nuwe Metallic longwear cream shadows (R225 - beskikbaar van middel November, eksklusief by Edgars) se ligte formule sak ook nie in voutjies in nie.



2. KLEUR-harmonie

 
"Vroue dink aan al die kleure, behalwe die afwesigheid van kleur. Swart bevat alles. So ook wit. Hierdie kleure verteenwoordig absolute skoonheid. Dit is die perfekte harmonie," het Coco Chanel gesê. 
Chanel Quadra eye shadow

Geïnspireer deur die kreatiewe moontlikhede van swart as 'n "nie kleur" het Peter Phillips, wêreldwye kreatiewe direkteur van Chanel grimering, swart en sy eindelose kleur moontlikhede gebruik in sy Noirs Obscursversameling.

Maar wees gewaarsku: Jou lippe moet swart wees vir dié dramatiese voorkoms!

Jy kan wel aan die veilige kant bly met 'n donkerblou oogskadu soos Chanel Quadra eye shadow in les folies noires (R625 - eksklusief by Edgars) en 'n swart oogomlyner soos Rimmel glam'eyes Professional liquid liner in black glamour (R69,95). Chanel Quadra eye shadow


3. ONTPOP met pop art


Die kunstenaar Andy Warhol se helderkleurige palet het pop art in die 50's gewild gemaak. 
 Yves Saint Laurent in Rose pailette shimmering pink  Nou is dit letterlik weer op almal se lippe - helder gekleur. Vier hierdie gier met kohl-oë en poppy-pienk lippe soos met Yves Saint Laurent Rouge pure shine sheer lipstick spf 15 in Rose Pailette shimmering Pink (R315 - Eksklusief by Edgars). 
 DKNY delicious art  

DKNY put ook inspirasie uit dié energieke neiging met hul beperkte uitgawe van die parfuum DKNY Delicious Art (R575 vir 50 ml Edp). Dis die bekende DKNY Be Delicious in 'n nuwe pop art-jassie.

Gaan kyk na die strokiesprent en video wat spesiaal vir dié geur geskep.


4. Perrrfekte VERLEIDING


Colorstay 12 hour eye shadow in sultry smoke

Grimeerkunstenaar Lisa Cloete verduidelik hoe om die moet-hê kat-oog te skep: "Die oogskadu loop met 'n punt na die buitenste hoek van jou oë. So 'n sexy voorkoms!" Bloue en gryse is ideaal hiervoor, soos Revlon colorstay 12 hour eye shadow in sultry smoke (R135).


5. Oogappel

 

"'n Bruin oogskadu gee definisie aan jou oë, maar is steeds subtiel" grimeerkunstenaar Lisa Cloete


Mac hollywood eye shadow in Twiggy

Bruin is 'n gunsteling-kleur vir oë op dié somer se loopplanke. . Speel rond met

M.A.C Hollywood Eye Shadow in Twiggy (R145) of Revlon Matte eye shadow in Rich sable (R119,95).

6. Ek sal PERS DRA

 

Die laat 1920's herinner aan vroue met flambojante persoonlikhede en sterk karakters. Dis waar Dior gaan soek het vir inspirasie vir hul nuwe grimeerreeks.Die diep, donker perse neem jou terug na dae waar sjiek vroue bobs gedra het met lamé-rokke en hope sequins! Kies enige skakering van pers en kleur jou ooglede, lippe én naels.

Probeer:


Dior 5 couleurs eye shadow in night butterfly  Dior 5 couleurs eye shadow in night butterfly (R725 - Eksklusief by Edgars)
Dior vernis in red dahlia Dior vernis Brilliance Extrême Long-wearing Nail Lacquer in Red Dahlia (R300 - Eksklusief by Edgars)

7. Goue OUE

 
Goue oë

Toe die digter Robert Frost geskryf het "Nothing gold can stay" kon hy net sowel na goue grimering verwys het - hierdie blink kleur kon nog nooit lank modieus bly nie. Maar nou moet hy  sy woorde sluk, want grimeerkunstenaars bly nuwe, opwindende maniere vind om goud trefkrag te gee.

Clarins single eye colour longlasting in gold leaf "Verf jou ooglede met 'n goukleurige oogskadu in die oogvou (Clarins single eye colour long-lasting in gold leaf, R170) en gebruik 'n oogomlyner en swart oogskadu om 'n dramatiese, sexy voorkoms te skep," sê grimeerkunstenaar Lesley Whitby.
Estee Lauder se turbolash gold Of wend goud subtiel aan met Esteè Lauder se Turbolash Gold (R465, Eksklusief by Edgars)- 'n vibrerende swart maskara met goue stukkies.

8. OP DIE PUNTE van jou vingers


"Helder kleure vir naels is terug. Geel, blou, nartjie, oranje en pienk," sê grimeer kunstenaar Adelle Jung.

Probeer:

Essie mesmerize

Essie in mesmerize (R89,95- beskikbaar by

Dis-chem)

Yardley stayfast colourfast chipresistant in rose Yardley Stayfast Colourfast Chip Resistant in Rose (R49,95)

 

9. PIENK en punk

Lancôme pink punk & black palette

Die Japanse jeugkultuur het Lancôme-kunsdirekteur Aaron de Mey se nuwe grimeerreeks, Pink Irreverence, geïnspireer. Vir hierdie voorkoms het jy pienk en swart oogskadu nodig - die idee is punk, maar die voorkoms is steeds sjiek.

Kry Lancôme pink punk & black palette in Irreverent Madame (R420)

Wend dit só aan.


 

10. EKSTRA gloeiend

Perskekleurige blossers, lippe en selfs oogskadu's is in die kol," sê Lesley Whitby. "Dit verhelder jou oë, gee lippe volume en besorg wange 'n warm, gesonde gloed."

Probeer:


 
The body shop colourglide lipcolour in dawn fizz The Body Shop Colour Glide Lipcolour in Dawn Fizz (R95)
Maybelline volume seduction lip plumper Maybelline Volume Seduction Lip Plumper in 405 (R89,99)