Elana Afrika het die naweek ’n foto van die Oscar-benoemde aktrise Lupita Nyong'O op sosiale media gedeel saam met ’n tong-in-die-kies-opmerking oor hoe baie sy na dié Hollywood-ster lyk.

Lupita, wat op die oomblik in die fliek 12 Years a Slave te sien is, en Elana dra albei hul hare in ’n kort styl. Nes Elana het sy ook ’n stralende gelaat en mooi, groot oë.

Dink jy ook Elana en Lupita lyk na mekaar?

Kry dié twee sterre se voorkoms deur jou hare ook in ’n kort styl te sny. Die pixie is een van dié seisoen se gunsteling-haarstyle. Die kort haarstyl is vars en oop en lyk veral mooi saam met helder grimering (soos wat Lupita graag op die rooi tapyt dra). Kam jou hare terug in dié styl vir Lupita se rooitapyt-voorkoms. Hier is stap-vir-stap-aanwysings.

FOTO: Kérastase FOTO: Kérastase

Kyk watter ander sterre dra ook kort hare

Onthou wanneer jy helder ooggrimering dra, lyk ’n neutrale lipstiffie die mooiste. As jy egter lus is vir ’n helderpienk of -rooi op jou lippe, is dit beter om natuurlike oogskadu met oogomlyner te dra.

Lupita is verlede week benoem vir ’n Oscar vir haar spel in 12 Years a Slave en het ook die naweek by die Screen Actors Guild Awards die toekenning vir beste ondersteunende aktrise gewen vir haar spel in dié fliek. Lees meer oor die groot verrassings by die Oscar-benoemings.