Sy is maar net 14 maande oud, maar North West (of Nori, soos haar bekende ouers haar noem) se klerekas is reeds meer werd as die meeste van ons s'n.

Bang Showbiz berig dat Nori se klerekas reeds sowat $1 miljoen (R10 miljoen) werd is! ’n Bron beweer dat Kim en Kanye hul eersteling as ’n verlenging van hulself sien, daarom spandeer hulle soveel aan haar klere. Dié anonieme bron beweer "hulle is verslaaf daaraan om haar te bederf".

Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North FOTO: Instagram (@kimkardashian) Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North West
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Van Nori se kledingstukke is spesiaal vir haar gemaak, en sy het baie ontwerpersklere - van Givenchy, Gucci en Louis Vuitton. Sy het ook glo ’n pelsjas wat Karl Lagerfeld vir haar ontwerp het - dít is na bewering $20 000 (R214 000) werd!

Kanye het glo vir sy dogter ’n robyn-en-pêrel-halssnoer in Parys gekoop - dít is vir $500 000 (R5 miljoen) verseker. En Kanye, wat ook ’n klere-ontwerper is, wil volgens gerugte self ’n klerereeks spesiaal vir haar ontwerp.

Bron: Bang Showbiz

Lees ook