Op 21 jaar staan die kosmetiekkoningin Kylie Jenner se fortuin op $900 miljoen, wat beteken een van die dae is sy 'n dollarmiljardêr! Kylie pronk op die voorblad van die jongste uitgawe van Forbes-tydskrif, wat die lys van die 60 rykste vroue ter wêreld bekend gemaak het. Net selfgemaakte miljardêrs verskyn op die lys. 

Kylie is boonop die jongste persoon ooit wat die lys gehaal het. Sy het haar rykdom binne net drie jaar opgebou uit haar grimeerreeks, Kylie Cosmetics.

En watter Kardashian het ook die lys gehaal? Ousus Kim. Haar netto waarde is $350 miljoen.