Sir David Attenborough se naam is sinoniem met natuurprogramme en -bewaring. Ná 66 jaar verken hy steeds Moeder Natuur tot op die uithoeke van die aarde.

Nou, op 94, ontdek hy ’n nuwe wêreld: Instagram. Ja, sir David het onlangs sy eie Instagram-blad geskep en het reeds 4,5 miljoen volgelinge. Boonop het hy in die proses ’n Guinness-wêreldrekord laat spat: Hy is die persoon wat die vinnigste ’n miljoen volgelinge kon kry. Die einste rekord wat voorheen deur Jennifer Aniston gehou is. Bekendes soos Leonardo DiCaprio, Julianne Hough, Kate Bosworth en die Britse koninklike familie tel onder die mense wat hom op Instagram volg.

View this post on Instagram

A post shared by A Life On Our Planet (@davidattenborough) on

Het jy geweet?

Hy moes nooit voor die kamera gewees het nie. Maar in 1954, tydens die verfilming van die BBC-reeks Zoo Quest in Sierra Leone, het die soöloog Jack Lester siek geword. ’n Jong, onervare vervaardiger moes vir hom instaan: David Attenborough, toe 28. Die volgende drie jaar het hy die uithoeke van die wêreld verken as aanbieder, vervaardiger, skrywer en verteller.

Sir David nou die onderwerp

’n Netflix-dokumentêr David Attenborough: A Life on Our Planet plaas die fokus op sir David en sy besonderse lewe.