Die groot eindstryd van een van die mees opwindendste wêreldbekertoernooie ooit, lê voor die deur. En die seekat het gepraat!

Die veelbesproke seekat, Paul, wat tot dusver elke keer die wenner in elkeen van Duitsland se wedstryde korrek voorspel het, het vir Spanje as die kampioen van die 2010 Wêreldbeker gekies. Sy kos word in 2 bakke, elk met 'n vlag van die spanne wat teen mekaar te staan kom, gesit en hy kies dan 'n happie uit die 'wenner' se bak - dié keer uit die bakkie met Spanje se vlag daarop. En sy voorspelling vir derde plek: Duitsland. Maar Mani, die 13-jaar oue parkiet in Singapoer, het oranje gestem. Hy het self sterstatus bereik deur die 4 spanne in die kwarteindrondte korrek te voorspel.

IN DIE SPANJE-KAMP

 
Model en voormalige FHM Sexyste Vrou, Lee-Ann Liebenberg, maak geen geheim van waar haar lojaliteite lê nie.
Só sê sy op haar Twitter-blad: "Spaaaaaaaaaaain!!!" Olimpiese swemmer, Roland Schoeman, skree: "Viva Espagne Viva" Sanger Koos Kombuis deel 'n grappie op sy Twitter-blad: Translate into German: "The rain in Spain falls mainly on the plain." Skrywer Paulo Coelho

IN DIE NEDERLAND-KAMP

 
Steve Hofmeyr. Hy twiet só: "Ek gaan met vakansie! Hoop Holland wen."

Victor Matfield: "At last!!! One of the teams I supported won. Go the Dutch!!!!!!!" Dit lyk of Christi Panagio in die Nederlandse kamp speel. "einj kleine Nejderland hat eijn grote Brazil kapoet-gemaken......" Ook Heinz Winckler.

En Casper de Vries, natuurlik. Wie ken dan nou nie vir Grietjie Appelmoes nie?!

EN DIE DRAADSITTERS IS...

Chris Chameleon: "Hup... Hup... Ole!"

Angelique Gerber, ons voorbladgesig vir dié maand.

TERLOOPS:

Helen Zille het tussen al die Wêreldbeker-aksie 'n kans gekry om vir die supermodel Naomi Campbell te ontmoet (of Naomi vir Helen?!). Hoe ookal, Zille sê Naomi is gek oor die Kaap!

Helen Zille en Naomi Campbell

Nog nuus is dat Bollywood-ster Shah Rukh Khan en Charlize Theron van die spesiale gaste by die eindstryd sal wees.

* KYK WATTER BEKENDES WAS TYDENS DIE WÊRELDBEKER IN ONS LAND

* Klik hier vir 'n lys resepte uit Spanje en Nederland vir Sondag se eindstryd.

* Kyk ook oor watter spanne die meeste getwiet word.

In watter 'kamp' is jy?