Bobby van Jaarsveld en Lika Berning (Jana Cilliers se dogter) speel die hoofrolle in die nuwe Afrikaanse musiekblyspel, Liefling, die movie.

Dit word op die www.liefling.com-webtuiste beskryf as die "eerste grootskerm Afrikaanse musical in meer as 30 jaar!"

Linda Korsten, Gé se dogter, is die mede-vervaardiger van dié musiekblyspel. Gé het in 1967 in 'Hoor My Lied' gespeel en drie van sy trefferliedjies word in Liefling, die movie gehoor.

Kyk die 2 Liefling-voorprente op sarie.com.

Met van die grootste name in die Afrikaanse-musiekbedryf soos Kurt Darren, Jakkie Louw, Sonja Heroldt, Carike Keuzenkamp, Willem Botha, Anna Davel en natuurlik Bobby van Jaarsveld begin Liefling, die movie landswyd op 19 November wys.

Kyk die musiek-video van "My lewe draai om jou"